top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(1/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Soos gister gesê, gaan ek vir die volgende 10 dae elke dag iets deel wat ek geleer het van gelukkig wees. Dis my Top 10 wenke of voornemens wat ek vir myself en vir julle toe wens hierdie jaar.

1. GEBED

My eerste stap tot innerlike geluk is gebed. As ons gereeld bid bou ons aan 'n persoonlike verhouding met die Here. God is nie 'n sprokiesverhaal uit die Bybel nie, ons weet dit, maar neem ons dit rerig in? God lewe, Hy is lewe. Hy werk net soveel wonders in jou lewe en in die wêreld as nog altyd. Die feit dat ons dit nie ooglopend raak sien of inneem omdat ons te veel na onsself gekeer is, beteken dit nie dit gebeur nie.

As jy ’n verhouding het met hom en hom in jou lewe in bid sal jy daagliks Sy wonderwerke sien gebeur. Dis die resultaat van om ’n verhouding met hom te hê.

Met gebed is jy in kommunikasie met die grootste krag wat bestaan. Jy gaan dadelik ’n gevoel van doelgerigtheid kry. Jy gaan voel jy lewe vir iets HUGE!

Ja, jy gaan dinge in jou lewe in die oë staar wat groter is as jy, maar God is soveel groter as enige van daai goed. God is met jou as jy Hom vra om te wees.

Dis nie iets wat net jy wil hê of jou gaan baat nie. Die Here roep jou vir ’n doel en wil jou gebruik vir Sy bonatuurlike misie. Dis ’n missie wat ons nie eers kan begin verstaan nie. Tog weet ons wanneer ons deel daarvan raak.

Ons nodig Hom natuurlik baie meer as wat Hy ons individueel nodig het dit kan ons nie eers probeer debateer nie. Tog ken Hy jou op jou naam en het jou geweef, weefsel vir weefsel.

Om ’n lewendige verhouding met hom te hê jou eerste steutel tot ’n gelukkige 2018.

Lees more my tweede les wat ek geleer het tot ’n gelukkige lewe...

145 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page