top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(3/10) Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe


Ek het die ander dag iets gelees wat my baie diep geraak het. Ons lywe is gemaak om ons siel en God saam te huisves. Ons is gemaak met een doel en dit is om mede skeppers te wees saam met Hom aan Sy skepping en Koninkryk. As ek mooi hieroor dink is my lyf dus gemaak soos 'n handskoen om God se hand presies te laat pas sodat ons saam kan skep en bestuur aan dit wat Hy ons voor nodig het. Dit is 'n ongelooflike treffende gedagte.

So my derde wenk tot 'n gelukkiger 2018 is om jou lyf soos 'n handskoen van God te sien. God se hand moet daar inpas sodat jy sy werk kan voltooi saam met hom. Onthou Hy soek jou nes jy is. Sekere handskoene het afgeknipte vingerpunte vir 'n rede. Of jy geen arms of geen bene het, of nie lyk soos die tydskrifte vir ons wys om te lyk nie, is dit nogsteeds meer as goed genoeg vir God se hand om in te pas. As jy wel albei arms, bene en gesondheid het, is jy ongelooflik gelukkig en moet jy baie dankbaar wees deur jou liggaam op die beste manier moontlik op te pas en jou gesondheid goed te bestuur. Jy is God s'n. Jy is Sy handskoen. Elkeen van ons is anders en moet werk aan 'n ander deel van Sy skepping. Ons het dus elkeen 'n ander doel. Jy hoef nie jouself te vergelyk met iemand anders nie. Julle het nie eers dieselfde doel hier op aarde nie. Ek dink as ons nie onsself aanvaar nie, of onsself volgens Sy wil op pas nie, gaan die Here se hand sukkel om in te pas en saam met Hom te skep. God is wel so kragtig, al pas net een of twee van sy vingers of 'n deel van sy hand in jou, skep jy nogsteeds saam met hom. Maar dink jouself in, hoe groot dinge julle saam kan doen as Sy hele hand in jou pas. So aanvaar jou lyf en jouself soos jy is, maar lyk en leef die beste wat jy kan as jy die vermoë en gesondheid het om dit te kan doen. Jou eie selfvertroue is kragtige gereedskap om al jou drome en doelwitte te kan bereik, asook die droom wat God vir jou het ten volle te kan voltooi. Kom ons wees eerlik, jou doel, talente en dit waaroor jy droom het eintlik alles te doen met die feit dat jy God se handskoen is en saam met Hom skep.


216 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page