top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(4/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


My vierde wenk vir ’n gelukkiger lewe in 2018 is om glad nie gemaklik te raak nie...

Jy kan rustig wees en vrede ontvang maar sodra mens gemaklik raak dan word alles TE maklik en dan begin daai gemaksone ontstaan.

Die resultaat van ’n gemaksone is jy bly stil staan op ’n pad wat eintlik soveel opwinding vir jou inhou, maar ons is te bang om uit dit uit te klim. Hoekom? Want dit verg gewoonlik moeite en baie moeilike prosesse of besluite. Dit kan jou wêreld so bietjie onder jou uitruk. Die “beloofde land” wag net ander kant die oorgang.

Die probleem van 'n gemaksone is dat dit self wil nie hê jy moet te lank daar wees nie. Die lewe het 'n manier om jou uit joune te skop as jy te lank in een is. Ons kan dit uit ons eie doen of ons moet op ’n moeiliker manier uitvind dat ons al lankal moes aan beweeg het.

Niks opwindend en “amazing” gebeur ooit in 'n gemaksone nie. So die uitkoms is wel groot, maar die proses is moeilik. Weet net binnekort gaan alles sin maak sodra jy daar deur kom, sodat iets “amazing” weer met jou kan gebeur.

Onthou wat ek in die eerste Blog geskryf het van die reeks. Geluk moet nie jou doelwit wees nie. Dit laat ons stil staan in wat ons dink ons gelukkig maak. As opwinding en dit wat jy jou lewe mee vul jou vervul dan voel mens outomaties gelukkig.

Jy ken jou gemaksone, jy weet watter ding of loopbaan, of verhouding, of huis, of mense, of ens. jou terug hou vir iets nuuts om met jou te kan gebeur. Daai deur is oop, jy moet hom net vat!

459 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page