top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(7/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Ek het nog altyd ’n bietjie van ’n kompeterende persoonlikheid gehad. Iets wat ek moes afleer of aan moes werk. Ek dink ons almal het dit of 'n bietjie daarvan, maar ek dink ons kunstenaars het baie meer daarvan gekry toe dit uitgedeel was.

So my 7de wenk of voorneme om gelukkiger te wees in 2018 is om dadelik op te hou om myself met enige ander mens of kunstenaar te vergelyk. Ek en jy en almal op aarde is hier vir ’n ander rede en het ander klomp talente, of ’n kombinasie van talente gekry om hom of haar eie pad te volg.

Fokus op jou eie reis want die gevoel van jaloesie en frustrasie wat met dit saamgaan as jy dit nie doen nie kan jou hart donker maak en jou lewe totaal oorneem. Dit kan jou weerhou op op die ou einde nie te bereik wat jy veronderstel wat om te doen nie, omdat jy soveel gefokus was op jou kolegas of vriend se lewe en reis. Ons almal het 'n ander reis en 'n ander doel met daai reis. Was jouself af van vergelyking en kyk reguit voor jou.


81 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page