top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(10/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Die eerste maand van 2018 is bykans klaar en ek het dit baie geniet om my voornemens in die vorm van “top 10 wenke" met julle te deel.

Om die maand se top 10 wenke vir ’n gelukkiger lewe op te som en af te sluit…

  1. Ons moet gereeld bid om God se hand in alles wat ons doen te kan raak sien.

  2. Ons moet onsself en ons vyande vergewe. Ons dra swaarder as hulle.

  3. Jou lyf is ’n handskoen van God, jou liggaam is gemaak om Hom te huisves.

  4. Ons loopbane kan maklik ons geluk bepaal. Maak seker ons het die regte een, of doen wat ons doen vir die regte redes.

  5. Niks opwindend gebeur in ’n gemaksone nie, lewe uit die boks

  6. Fokus net op jou eie reis, vergelyking veroorsaak storms in ons lewens.

  7. Lag BAIE!

  8. God wil hê wat in die Hemel is moet hier op aarde ook wees. Dis Sy wil. Ons moet hieroor dink voor ons Hom wil beskuldig vir al daai slegte goed wat oor ons paaie kom of dat hy dit toelaat. Ons moet Hom en die hemel in ons lewens in Bid!

  9. Spaar drie maande se uitgawes vooruit voor jou Finansies jou geluk in 2018 steel.

Dit bring my dan by die laaste punt op my lys. My 10de wenk tot ’n gelukkiger lewe is...om nie alles te oordink nie. Ek is baas van die plaas as dit kom by “overthinking”. Ek analiseer alles, en kan maklik top oor ’n situasie of probleem in my lewe. So hierdie een is vir my ook uitdagend. Ek dink die beste raad of metode wat ek vir myself kan gee om seker te maak dit steel nie nog geluk uit my lewe uit nie, is…

  1. Om beheer oor te gee van alles en God die CEO maak.

  2. Om my grense en kennis te verbreed oor dit wat my uit stres.

  3. Om op te hou “Assume”. Dis ’n verkeerde afrit na ’n baie growwe pad.

Om alles te beheer in my lewe is omdat ek bang is wat kan gebeur as ek dit nie doen nie. Al hoe ek nie bang hoef te wees nie is om uit die boks te begin dink en dit wat nuut is te bestudeer tot ek die kennis het van daai situasie in my lewe. Hoe meer ons weet van iets hoe minder bang raak ons vir dit. Kom ons vat ’n basiese voorbeeld uit my lewe. As ek deur my dagboek gaan en deur al my vertonings wat die jaar voorlê, kry ek soms so groot kol op my maag. 1. Want ek wil al die “pencils” tussen die klomp vaste shows graag sien in vaste bespreking ingaan en 2. Ek wil nie net sien “Upington Optrede” nie. Ek wil presies weet wat daai vertoning behels. Maar sodra ek op elkeen ingaan (op my Google calendar) en die fynere details lees dan begin ek beter verstaan waaroor dit gaan, kan minder daaroor dink en wonder en dadelik verander daai kol in opgewondenheid. Dis ’n klein voorbeeld maar ek dink dit verduidelik die konsep goed. Is jy bang vir vlieg? Dan lees alles wat daar is om te lees oor vlieg. So kan mens alles wat ons laat “overthink” die jaar beter verstaan as wat ons weg hardloop en net "assume" wat dit is en dan daaroor stres. Baie sterkte en baie GELUKKIGE nuwe jaar hierdie 2018. Lets do this!!!

 


428 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page