© 2018 by Joe Foster. Recycle Records / Joe Foster Productions

  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon
  • Black Twitter Icon
  • Black YouTube Icon
  • iTunes - Black CIrcle
Please reload

Recent Posts

JOE FOSTER VAT DIE "VOLGENDE STAP"

July 13, 2018

1/1
Please reload

Featured Posts

My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.

January 7, 2018

 

Ons het altyd 'n lys of tenminste 'n voornemens tot iets nuuts in 'n nuwe jaar. Of dit nou is om iets te los of om iets te begin. Dit alles net omdat ons 'n meer gelukkiger lewe wil lewe. Daar is niks daarmee fout om sulke veranderinge te maak of doelwitte te stel nie, inteendeel is dit baie goed vir ons. Dis daai "reset" knoppie wat ons nodig het om 'n jaar af te skop.

 

Maar ons gaan altyd na die "go-to" voornemenslysie toe. Julle weet wat daai lysie is ek hoef hom nie eers te tik nie. Maar het dit jou meer gelukkig gemaak in 2017?

 

As geluk jou doelwit is gaan jy heeltyd soek asof jy dit verloor het. Jy gaan voel geluk moet nog kom. Geluk is net die resultaat van dit wat ek en jy ons lewens mee vul.

 

Ons leer elke jaar iets meer oor geluk en wat ons gelukkig maak. Dit verskil van persoon tot persoon. So bo alles moet ons eerste vinnig terug kyk en besef hoe baie ons van gelukkig wees reeds geleer het. Maak 'n lysie van al daai goed sodat jy meer van dit kan doen en minder van die goed wat net jou tyd vul en jou eintlik ongelukkig maak. 

 

Daar sal altyd iets wees wat ons ongelukkig maak. Die lewe is nie maanskyn en rose nie, ons weet dit reeds. Daar is in die lewe moeilike tye, keuses en hartseer wat ons in die oë staar.

 

Die balangrikste is om te onthou dat geluk nie iets is om voor te strewe nie. Geluk moet nie jou doelwit van 2018 wees nie. Dis net die resultaat van al die goed wat ek en jy ons lewens mee vul hierdie jaar wat ons gelukkig of ongelukkig gaan maak. As geluk jou doelwit is gaan jy heeltyd soek asof jy iets verloor het. Jy gaan voel geluk moet nog kom. Ek het goeie nuus!!! Geluk is reeds in en om jou, jy hoef nie eers te soek nie.

 

Vir die volgende 10 dae gaan ek elke dag een van my wenke met jou deel. Lees more (Maandag, 8 Januarie) die een ding wat bo aan my lys is en iets wat op elkeen se lysie moet wees...

JOE FOSTER - VREDE MAAK (NEW SINGLE)

 

 

EKSKLUSIEF BESKIKBAAR OP...

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us