© 2018 by Joe Foster. Recycle Records / Joe Foster Productions

  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon
  • Black Twitter Icon
  • Black YouTube Icon
  • iTunes - Black CIrcle
Please reload

Recent Posts

JOE FOSTER VAT DIE "VOLGENDE STAP"

July 13, 2018

1/1
Please reload

Featured Posts

(9/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.

January 25, 2018

Finansies kan ons grootste stres wees in hierdie lewe want alles wat jy jouself mee besig hou gaan op die ou einde om geld te maak sodat ons 'n goeie lewe hier op aarde kan hê. Die waarheid is, meer van ons het minder van dit as te veel daarvan en dis hoekom dit so groot "downer" is op ons geluk.  

 

 

Ten minste is ons almal saam in hierdie bootjie en kan mekaar raad gee en bystaan en moed in praat.  
 
Geld stres kan wel totaal vermy word of beter gemaak word om net vas te byt tot jy drie maande vooruit gespaar het. Dis die raad wat iemand vir my gegee het en dis die raad wat ek by staan want dit het die wêreld se verskil vir my gemaak in my lewe en finansies.  
 
Dit raak somtyds moeilik veral die begin van die jaar. Want dan het ons almal lekker vakansie gehou en in daai drie maande se spaargeld begin induik. Dit is dus baie belangrik om sommer dadelik weer op die spaar plan te klim sodat jy jou jaar nie laai met stres en slapelose nagte nie.  
 

 

 
Dit het my 'n rukkie gevat om vooruit te kom maar dis die geduld werd.  
 
Om dit beter te stel; spaar jou geld sodat jy genoeg geld het om drie maande se rekeninge en uitgawes te kan betaal en hou dan net daai pot vol. Mens sal ook vinnig sien of ons bo ons eie vuurmaak plek lewe.   
 
My 9de wenk vir 'n gelukkiger lewe die jaar is dus om vooruit te begin dink en ons geld te begin spaar sodat ons sorg vir lekker slaap en baie minder stres in 2018.  
 
Jy gaan dadelik die verskil sien in jou slaap en stres vlakke as jy dit reg gekry het.

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Follow Us