top of page
Search
Writer's pictureJoe Foster

(2/10) My Top 10 Wenke vir 'n Gelukkiger Lewe.


Tweede op my lys van lesse wat ek geleer het oor gelukkig wees...

2. Vergewe die mense wat aan jou kwaat gedoen het.

Om kwaat te wees vir iemand vat so baie negatiewe energie dat selfs jou gelukkigste dae voel so bietjie donker. As ons nie vergewe nie maak ons 'n gewig aan ons bene vas en sleep dit saam met ons rond. Dit maak jou seerder as die persoon vir wie jy kwaat is.

Dit maak ons siek, moeg en bitter oor die lewe.

Moet ook nie bang wees om te sê of te voel dat jy jammer is nie. Jy is dalk die persoon wat vergewe moet word. Onthou dit, ons hoef nie saam te stem of "in te gee" om jammer te wees nie. Daar lê baie krag as jy daai woorde “eks jammer” vir iemand kan sê. Ek en jy weet daar is sekere mense wat net nie in ons lewens moet wees nie. So om paaie te skei met mense in jou lewe wat nie meer daar pas nie is nie noodwendig n slegte ding nie. Die gevoellens wat daarmee saamgaan kan toksies wees vir jou siel. Laat al daai gevoellens gaan en wees vry! As dit nie moontlik is om vir iemand jammer te sê nie, laat gaan en wees jammer in jou hart. Die gevoel van vergifnis maak jou nogsteeds vry. Die feit bly staan as ons nie vergewe nie dra ons swaarder as die persoon wat ons moet vergewe. Knip jouself los van daai gewig. Die resultaat is iets wat jy self moet beleef om te kan verstaan. Ek kan daai vryheid nie eers in woorde omsit nie. Dis my tweede wenk tot n gelukkiger lewe in 2018. Gepraat van vrede maak, het jy al my nuwe video van "Vrede Maak" gesien? Kyk hier...

153 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page