top of page
Search
  • Joe Foster Management

KYK JOE FOSTER & JOHAN C VENTER SE HARTROERENDE NUWE MUSIEKVIDEO.


Na die reuse sukses van Joe Foster & Johan C Venter se eerste duet “Hoe Moes Ek Weet” doen hulle dit weer met hulle splinternuwe samewerking “Voel My Pols”.

Kyk die video hier...

Dit gaan luisteraars nie net diep raak nie maar ook herinner dat om deernis en liefde bo verdeling en veroordeling te kies. Hierdie liedjie is vrygestel op Joe Foster se nuutste album Volgende Stap wat aanlyn en in Musica beskikbaar is. Joe wag al drie jaar om hierdie snit vry te stel. Nou was die regte tyd.

Ons almal verskil maar ons almal se harte klop dieselfde, ons almal het dieselfde basiese wense om gelukkig te wees, aanvaar te word en iemand te hê om lief te hê. Om iewers in te pas en aanvaar te word deur onsself en die gemeenskap is seker een van die grootste, dis hoe ons gemaak is. Dan nie eers gepraat van die feit dat ons nie gemaak is om alleen te wees nie. Ons is ook gemaak om een te wees as gemeenskap. Dis waar ons ware krag lê en dis waaroor hierdie liedjie gaan. Dit is die boodskap agter hierdie treffende liedjie.

Voel My Pols was oorspronklik geskryf en gesing deur Amerikaanse sanger-liedjieskrywers Eli Lieb en Brandon Skeie. Hulle het die liedjie geskryf na die afgryslike tereuraanval op “Pulse”, n gayklub in Orlando, Florida op 12 Junie 2016, waar ’n terroris 49 mense dood geskiet is en 53 beseer het. Dit was na 1949 en voor die 2017 se Last Vegas skiet voorval een van die grootste mense-slagtings in Amerika geskiedenis nog ooit.

Hierdie snit was geskryf om genesing te bied vir die gay gemeenskap in Amerika, maar die voorval het die hele wêreld se gay gemeenskap geruk en geraak. Dit was die kersie op die koek vir die diep seer en verwerping wat reeds rondom die onderwerp gehang het reg oor die wereld.

Joe Foster en Johan C Venter was net so getref soos talle ander Suid Afrikaanse mense en het in daardie tyd op hierdie snit af gekom. Hy en sy skryf - en singmaat Johan C Venter het op daai stadium net “Hoe Moes Ek Weet “ vry gestel en nie eers geskroom om die Afrikaanse aanpassing van hierdie liedjie te skryf en op te neem nie.

Eli Lieb en al die ander skrywers het dit persoonlik gehoor en gesê hulle kan hoor die aanpassing in Afrikaans en hoe Joe en Johan dit vertolk het kom reg uit hulle harte en dat hulle die oorspronklike gevoel vasgevang het en die liedjie regverdig het.

Vandag op 12 Junie drie jaar gelede het hierdie donker voorval gebeur in Orlando, Florida op onskuldige mense en Joe Foster en Johan C Venter het besluit om ter nagedagtenis van al hierdie slagoffers en die hele gay gemeenskap van die wêreld in die middel van internasionale LGBT bewustheidsmaand hierdie snit uiteindelik vry te stel.

Hulle wil ’n verskil maak. “Dit is my liefdadigheid” sê Joe “ek wil ons mense bind waar verdeling en verwerping in geslag en seksuele oriëntasie ons jeug en gemeenskap in ’n baie kwesbare posisie plaas”.

Joe en Johan voel sterk dat dit tyd is dat ons die saak onder die lig begin bring en ophou dit wegsteek soos vuil wasgoed. Daar is niks vuil aan liefde nie. Veral nie as dit deur soveel seer moes gaan nie.

“Voel my Pols want dit klop net soos joune". Dis die boodskap van hierdie liedjie. Eenheid is krag. Deernis is liefde.

2,679 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page