top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(5/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Jou loopbaan is nie jou lewe nie, maar dis iets wat jy meer as die helfte van jou lewe aan spandeer. My 5de wenk vir 'n gelukkiger lewe is om die regte loopbaan te kies of jou loopbaan te kies en aanhou te volg vir REGTE redes.

As jy jou hele lewe elke dag moet opstaan en glad nie hou van wat jy doen nie gaan jy baie ongelukkig raak. Dis nie nuus nie, so maak seker dit vervul jou en as dit nie jou totaal gelukkig maak of vervul nie moet jy diep dink en bid daaroor en kyk waar jy veranderinge kan maak in jou loopbaan of posisie. In vandag se tyd is werk meer skaars as tevore. So indien jy agter kom jy is nie gelukkig in jou loopbaan nie, is dit nie die tyd om impulsief te wees nie. Dink daaroor, bid daaroor en volg strategiese stappe vir jou om 'n nuwe lewe te begin. Klop aan al die deure en die deure wat oopgaan is dalk net die volgende stap wat jy moet vat.

As jy nie gelukkig is nie en jy is "stuck" in jou werk maak ten minste seker jy doen dit vir die regte redes, soos om jou gesin te onderhou, of dit wat jou nommer een is na om te sien. Dit beteken dat jou loopbaan het 'n groter doel as geluk. Dit sal jou dan gelukkiger maak omdat jy doelgerig lewe. Jy het dus 'n baie groot rol om te vervul. Ek glo vas ons elkeen het 'n klomp talente gekry om 'n loopbaan of doel op aarde uit te leef. Ontdek jou doel en ontdek jou loopbaan of ten minste die rede agter 'n loopbaan. As dit nie so is nie, dan moet jy soek en aanhou soek. Jou doel op aarde is nie altyd 'n loopbaan nie. Jy nodig dalk 'n loopbaan om jou eintlike doel buite jou werk uit te kan oefen.


290 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page