top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(8/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Die wil van God is baie diep maar dit kom neer op drie eenvoudige goed; lewe, geluk en liefde. God se wil is dat hoe dit in die hemel is op die aarde ook moet wees. Hy sê dit in die onse vader; "Laat U wil geskiet soos in die Hemel so ook op die aarde".

So as jy ooit twyfel in God se wil moet ons dit onthou.

Ons geloof word baie getoets en dan vra ons “as dit Sy wil is” sal hy hierdie swaar tyd van ons af vat. Dit is alreeds Sy wil dat dit nie met sy kinders moet moeilik gaan nie, of dat sy kinders siek word, verlore raak, of selfs dood gaan nie. Hoekom wonder ons nog oor sy wil?

Sodra mens dink dis God wat hierdie “toetse” en “swaar” oor jou lewe bring dan raak mens kwaad vir Hom. Ons raak dan kwaad vir die onskuldige een. God se wil is dat dit hier op aarde geskiet soos in die Hemel. Daar is nie dood, pyn, armoede, agteruitgaan of siektes nie. Sy wil is dat vandag, hier op aarde, moet ons Hom in bid in ons lewens en ons moet die hemel laat kom deur gebed en geloof.

My 8ste wenk vir ’n gelukkiger lewe in 2018 is dus om te onthou wat God se wil is en dit toe te pas in jou lewe. Volgende keer as jy wil kwaad raak vir die Here moet jy onthou wat Sy wil is.

Hier op aarde is daar dood wat regeer, ek dink dis tyd dat ons eerder kwaad raak vir die skuldige een as wat ons kwaat raak vir ons Vader wat lewe en geluk vir Sy kinders wil sien. Bid die hemel en die Here hier en nou in jou lewe. Dit is Sy wil.


91 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page