top of page
Search
  • Writer's pictureJoe Foster

(6/10) My Top 10 Wenke Vir 'n Gelukkiger Lewe.


Ek lag baie, ek lag hard en ek kan dit nie keer nie. Ek love dit om te lag. So ek sien myself as 'n bietjie van 'n lag "expert".

Een ding wat ons Suid Afrikaners van alle geslagte, tale en kleur baie ingemeen het, is dat ons 'n baie goeie sin van humor het. Ons hou daarvan om die gek te skeer met selfs ernstige dinge. Ons hou van lag en 'n goeie tyd hê. Ek dink ek praat vir almal dat lag en ons sin van humor is waarskynlik die ding wat ons as mense van Suid Afrika die sterkste bymekaar hou. So my 6de wenk vir 'n gelukkiger lewe in 2018 is. LAG BAIE!!!

Die mense wat my persoonlik ken praat altyd oor my lag en ek het ook nog altyd van ek kan onthou klip hard uit my maag uit gelag.

Deur jare van sukkel met angs en depressie was daar net een hoof medikasie wat my dadelik laat beter voel het en dit is om te lag. Ja pille help ook en ek sal aanhou daai pille pop, maar dit werk nie so gou soos 'n lekker lag sessie nie. So nog 'n awesome wenk vir 'n gelukkiger lewe in 2018 is om te lag wanneer jy die kans kry en as jy nie die kans kry nie dit te forseer. Woon "stand-up-comedy" by, kyk 'n snaakse fliek, of reël met jou lawwe vriende vir 'n lekker kuier. Dis nie net ek wat so sê nie, dis al wetenskaplik bewys. As jy lag skei jy endorfiene af en dis daai hormoon wat jou laat goed voel.

As jy rêrig nie wil nie, forseer jouself om te lag as jy moet. Dis soos gaap, as jy maak of jy gaap dan gaap mens gewoonlik outomaties. Daar is baie goed wat jou lyf kan doen om van stres ontslae te raak en dis een van die bestes op die lys.


291 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page